Tuesday, February 06, 2007

Beroemdes in jou klaskamer?

Wel, wel, wel.

Die amerikaanse superbowl was onlangs gespeel. Ek het dit nie gesien nie, aangesien ek nie baie geinteresseerd is in Amerikaanse voetbal nie, of dit eerder nie verstaan nie.

Maar een ding van die superbowl het darem my oog gevang. Peyton Manning.

Hoekom klink die naam so bekend?

Wel, toe ek 14 jaar oud was het ek my freshman year van highschool in New Orleans, Louisiana gedoen. En raai, raai riepa. Wie was in my klas?

Peyton Manning.

Inderdaad. Ek kan nog onthou dat hy met 'n pragtige meisie, Lane Victory, uitgegaan het.

Watter snaakse naam.

Het iemand van julle al met bekendes/beroemdes in die klas gesit/erens ontmoet?

18 Comments:

Blogger Lammervanger said...

Ek het al langs Rassie Erasmus water afgeslaan in 'n pub in Jeffreysbaai.

3:41 PM  
Blogger Margie said...

Tel Carlos van 7e Laan? Het hom ontmoet in Cheers op Struisbaai. Kug, kug... did I say that out loud?

5:41 PM  
Blogger Maksideem said...

Wie is Carlos van 7e Laan? Ek het dit nog nooit gesien nie.

6:08 PM  
Blogger Pienk Zuit said...

Hoe seker is jy dis daardie selfde Peyton? As dit was is dit nogal cool.

Britney Spears was ook in New Orleans op skool, miskien was jy saam met haar ook op skool sonder dat jy dit geweet het.

Ek het vir George Bush ontmoet by 'n landboukongres in Texas, en vir Mickey Mouse in Disneyworld.

7:04 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

Maksideem, ek sien jy het 'n

‘n weddeskap verloor

8:26 PM  
Blogger Margie said...

Pienk het my nou herrinner dat ek Rudy Giuliani in New York raakgeloop het. Wel, hy en sy hele entourage.

Foto saam met Ariel in Disney World geneem...

O, en Meg Ryan het verby my gehol in Central Park, maar dit tel seker nie as ontmoet nie.

Carlos is 'n ou met 'n groot neus in 'n simpel sepie wat ek nie meer kyk nie, hoofsaaklik omdat ek nie nou 'n TV het nie. Hierdie tipe manne hang altyd op die klein kusdorpies uit as daar 'n fees van een of ander aard aan die gang is... (hoes)

3:35 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ek het in 2002 in London by een van sy shows die rocker Manu Chao ontmoet...hy't my cd gesign en so twee slukkies Corona aan ons tafel gedrink...toe's hy weer fort...

Anyway, hy's huge in Spanje en Frankryk...en hy's naai kort...

Boeboe

(Ek bly in Bermuda...paar dae te perd van die Bahamas...)

2:29 AM  
Anonymous Prof said...

Ek het eenkeer in 'n boekwinkel in Londen gewerk en toe het David Beckham 'n book signing kom doen. Ek het sy hand geskud, en toe het ek vir Victoria en die eerste kind bietjie geselskap gehou terwyl hy boeke geteken het.

2:33 AM  
Anonymous Pienk Zuit said...

Laas jaar op 'n vakansie in Rome was het die Pous on genooi vir koffie (ek ken een van sy niggies). Toe ons daar opdaag is Bono ook daar om te gesels oor die wêreld se probleme. Na 'n lekker kuiertjie oor 'n paar koppies espresso kom die res van U2 toe daar aan, en hulle hou toe 'n impromptu konsert in die Sintynse Kapel. Die geraas lok toe vir Tom Cruise en Katie Holmes nader, wat op daardie stadium daar rond was op hulle honeymoon. Hulle vra ons toe om te babysit terwyl hulle die aand gaan Pizza eet in Piza. Ek sê toe vir Tom hy kan self na sy alien/scientologist baba kyk, ons het reeds 'n afspraak met Al Pacino vir aandete.

True story.

10:34 PM  
Anonymous Prof said...

Zuit, daar stuur jy nou ons hele gesprek in sy moer.

6:47 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hoe kon ek vergeet!!

Ek het saam met Chris Martin van Coldplay in my eertydse firma (Burton Copeland) se hysbak in London beland...my senior partner het hom verteenwoordig in 'n aanrandings-saak nadat hy 'n papparazzi getrip het toe die 'n swanger Gwyneth in 'n bewegende Taxi wou afneem...ek dink hy't skuldig gepleit en 'n boete van 3,000 pond of iets betaal...anyway...toe die hysbak se deur oopgaan was my oomblik van glorie verby...want hulle my toe nie in die konslutasie benodig nie...ek het die versoeking weerstaan om te fluister "I'm a real big fan Chris"...ek voel goed daaroor...

No jokes...true's Bob...

Boeboe

7:43 AM  
Anonymous Prof said...

Feit: In daai boekwinkel waar ek gewerk het, agter die infotoonbank, het ek een keer vir Angelina Jolie met 'n navraag gehelp. Sy was op soek na "Native American Tarot Cards".

6:21 AM  
Blogger Carien said...

Ek het John Malkovich nou die aand in Yindees in Kloofstraat ontmoet. Dit was 'n groot oomblik, wat niemand in die hele blogosphere waardeer het nie.

11:28 PM  
Anonymous idiwidi said...

Mense in Taiwan dink soms ék is famous. Ek word op ‘n gereelde basis deur giggelende tienermeisies of skaam hoërskoolseuns in die straat voorgekeer met die versoek of ek saam met hulle sal poseer vir ‘n foto.

Of miskien dink hulle net ek is ‘n freak...

1:52 AM  
Blogger Dai said...

ek dink nie my Hoerskool gaan enige bekendes oplewer nie - behalwe nou vir my - uiteindelik.

Ons eerstydse hoofseun verkoop nou stofsuiers.

7:06 PM  
Blogger Margie said...

WAAR IS JY?! Koooeeeee?

7:38 PM  
Blogger Deepa Arora said...

We are 3 years old female escorts service agency in Delhi and we love to serve high class gentlemen. We provide service to all age group people.
Our escorts are not regular worker they work part time here in Delhi as Delhi escorts. They take great care of their body with regular exercises and medical checkups. There charming personality will make you different from other females of same profession as they have grown up with caring and healing attitude. They got natural human touch and sweet conversation power inside them .They will dress up well and make your stress less and relax. You will find perfect Delhi Escorts for encounters. These girls just love their work they do escort business in Delhi by choice. These girls work alone not connected with any other escort agency in Delhi.

4:01 AM  
Blogger Suraj Kumar said...

Delhi Escort Services
Delhi Escort Services
Delhi Escort Services universe of escorting administrations is very dynamic, along these lines; we make it a point to serve the best to our extensive variety of clients.

11:44 PM  

Post a Comment

<< Home