Monday, January 08, 2007

Die skynbare lied van die oomblik...

Jammer as ek 'n bietjie stadig of agter die klip is, maar ek het op Youtube rondgesurf en die volgende lied oor De la Rey gekry gesing deur Bok van Blerk. Wat is julle opinie oor hierdie song? Is dit polities korrek? Gee dit aanstoot? Die link is hier.


Verder het hierdie foto my oog gevang. Nogal wreed ne?

4 Comments:

Blogger Carien said...

De la Rey is sekerlik een van die belaglikste liedjies wat bestaan en dus:
- word dit elke vyf minute uitgesaai op MK89
- koop al wat Afrikaner is, die CD
- glo almal Louis Pepler se naam is regtig Bok van Blerk
- is/word Louis skatryk
- kyk/luister ek nie meer MK89 nie, tot hierdie malligheid oorwaai

9:45 PM  
Blogger Maksideem said...

Hi Carien

Dankie vir die inligting. Het hierdie Louis Pepler 'n suster met die naam Lana?

Wat is MK89?

10:15 AM  
Blogger rondloper said...

Ek dink die song het nogal 'n catchy tune, maar ek kan nie besluit of dit rassisties of 'n grap is nie. Vreemd genoeg is dit gespeel in elke plek waar ek nou pas in Namibie gekuier het.

3:03 AM  
Blogger Carien said...

Hy het twee sussies, waarvan die een 'n goeie vriendin is - Charlene. Ek weet daar's 'n ouer sussie. Haar naam mag dalk Lana wees. Ek't haar net een keer ontmoet, so paar jaar terug. Sy is intussen getroud...

MK89 (akroniem vir Musiek Kanaal 89) is die (Suid-)Afrikaanse weergawe van MTV.

Het julle al die musiekvideo gesien? Hulle maak die Anglo-Boere oorlog na, kompleet met vrouens in kappies en kindertjies in 'n "konsentrasiekamp". As mens so daarna kyk, is dit seker nie rassisties nie.

7:26 PM  

Post a Comment

<< Home