Sunday, December 03, 2006

Tax is a jealous mistress

you can't just read it in front of the TV.

Wel, ek skryf more 'n eksamen in Aussie tax. Het al van laas Woensdag afgevat van die werk en het meeste van my tyd "te huis" studeer en probeer swot. 5 bundels legislation wat elk so dik is soos 3 Bybels is geen grap nie. En dan is die blaaie in die wetgewing soos die geelbladsye, nie so geel my kind, maar so dun.

En dan is dit ook so bleddie eksak. Ek weet nie of ek so baie van reeltjies hou nie.

Ek se elke keer vir myself om nie te procrastinate nie, maar elke keer vang dit met my op. Oh well, ek kan se ek was besig by die werk - het immers ditjies en datjies gedoen deur die jaar.

So van eksamens gepraat: ek het uiteindelik aansoek gedoen vir permanent residence in Aus. Snaaks genoeg, maar hulle wil he ek moet 'n Engelse toets doen. Wel, ek het nie 'n probleem daarmee nie, net die feit dat toe ek nou die dag 'n toets gaan boek het by IELTS, moes ek hoor die datum waarop ek getoets gaan word gaan eers 14 April wees. En dis teen 'n skamele som van 300 AUD (ongeveer 1,500 ZAR). Nogal snaaks...

Hou duim vas op 14 April 2007.

4 Comments:

Blogger Voetstoots van Tonder said...

sterkte met more se eksamen - if you fail, you'll be miserable for a year; if you pass, you'll be miserable for the rest of your life...

cheers

9:45 AM  
Blogger Maksideem said...

Thanks Voetstoots. No worries, dit het goed gegaan.

8:52 PM  
Anonymous Anonymous said...

IELTS is OK as jy in n Engelse omgewing werk soos AUS. So jy sal lag lag dit maak

Probeer dit doen as jy jou hele lewe Afrikaans gepraat het en dit sukkel maar. Ek weet van n plattelandse GP wat dit 5 keer gedop het en toe besluit het na die moer met Engels!!

Sterkte
Klagat

6:10 AM  
Blogger M.E. said...

Ek't nou net jou 'travel CV' gelees. Vrekkit...ek's dik jaloers.
Ek werk nou by Weg (travel magazine), so hopelik kry ek ook my innings in...

1:08 AM  

Post a Comment

<< Home