Die einde van kommunisme
Kommunisme het 'n tydjie terug geval en die Sovjet Unie het verbrokkel...
Wel in die apartment onder my bly 2 russiese meisies. Of ek dink hulle is russies aangesien ek glad nie die taal wat hulle praat kan verstaan nie, en ek is vertroud (lees kan herken) meeste europese tale.
Wel, ek weet nie hoe hulle voel oor die val van kommunisme nie, maar dit is kompleet of hulle dit elke aand vier. Dis ok, mense moet bly wees as 'n ideologie (nie noodwendig net kommunisme) eindig, maar asseblief, binne perke.
Ek moes hulle gisteraand 4 keer baie beleefd gaan vra om asseblief stiller te wees.
En dit op 'n Maandag???
Ek wil by julle weet of julle al raserige bure gehad het en wat julle gedoen het om weer stilte te kry.
Laat weet gerus.

5 Comments:
Leer die volgende sinne in Russies, koop 'n bottel vodka, gaan klop weer en join dan die partytjie:
- Вы любите мое тело?
- Вы хотите сделать тройку?
Ek het een keer in Woodstock (Kaap) gebly en die mense bo my het elke aand vreeslik aan die drink gegaan. Dan hoor ek later harde musiek (soort van hanteerbaar) en so 'n doef-doef, doef, doef-doef-doef, doef, doef-doef-doef-doef ens. ens. Geheel en al onhanteerbaar. Dat ek een dag my moer strip, die trappe oploop en gaan aanklop. Maak so 'n sletterige dronk vrou die deur oop, maar ek val toe omtrent om toe ek sien wat agter haar aan die gebeur is. Haar man/boyfriend/seksslaaf het geen bene nie, en stoot homself op en af met sy arms op die maat van die musiek soos hy sy onderlyf teen die vloer stamp om te dans. Die gedoef, dus. Nou wat se^ 'n mens in so 'n situasie? Moet asseblief nie met jou halwe lyf dans nie . . . Ek het toe maar mettertyd eerder getrek.
Dick, dankie vir die raad. Ek sal nie eers weet hoe om dit uit te spreek nie, maar nogtans dankie.
Rondloper. Dis 'n storie vir jou offspring en menigvuldige nageslagte eendag.
Hectic, rondloper!
My buurman en sy vrou het gereeld baklei. Die volume is nie wat my die meeste gepla het, dit was die kombinasie van onheilige woorde wat my gescar het. Plus die argumente het nooit vir my sin gemaak nie. Ek het so paar keer met blunt objects teen die muur gekap...
Roelie, ek onthou nog toe ek met jou 'n kamer gedeel het en jy met Bigt . . . ek bedoel Watwashaarnaam op die poef gele^ en vry het terwyl ek wou studeer, dan moes ek my oorfone aansit.
Post a Comment
<< Home