Beroemdes in jou klaskamer?
Die amerikaanse superbowl was onlangs gespeel. Ek het dit nie gesien nie, aangesien ek nie baie geinteresseerd is in Amerikaanse voetbal nie, of dit eerder nie verstaan nie.
Maar een ding van die superbowl het darem my oog gevang. Peyton Manning.
Hoekom klink die naam so bekend?
Wel, toe ek 14 jaar oud was het ek my freshman year van highschool in New Orleans, Louisiana gedoen. En raai, raai riepa. Wie was in my klas?
Peyton Manning.
Inderdaad. Ek kan nog onthou dat hy met 'n pragtige meisie, Lane Victory, uitgegaan het.
Watter snaakse naam.
Het iemand van julle al met bekendes/beroemdes in die klas gesit/erens ontmoet?



